Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 19:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Nietemin, Avshalom, wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesterf. Waarom is julle dan nou stil daaroor om die koning terug te bring?”

12. Toe het koning Dawid na Tzadok en Avyatar, die priesters, gestuur om te sê: “Praat met die oudstes van Y’hudah en vra: ‘Waarom is julle die laastes om die koning terug te bring na sy huis, aangesien die woorde van die hele Yisra’el na die koning en sy huis gekom het?

13. Julle is my broers; my vlees en bloed. Waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring?’

14. Vir `Amasa moet julle sê: ‘Is jy nie my vlees en bloed nie? Mag God so aan my doen en ook meer, as jy nie voortdurend die bevelvoerder van my leër voor my sal wees in die plek van Yo’av nie!”

15. So het hy die gedagtes, wil en emosie van al die manne van Y’hudah soos een man gedraai sodat hulle na die koning gestuur en gesê het: “Kom terug, u en al u diensknegte.”

16. Die koning het toe teruggegaan tot so ver as die Yarden en Y’hudah het na Gilgal gekom om die koning te gaan ontmoet, om die koning oor die Yarden te bring.

17. Toe het Shim’i, die seun van Gera, die Binyaminiet, wat uit Bagurim was, hom gehaas en saam met die jongmanne van Y’hudah afgekom om koning Dawid te ontmoet.

18. Daar was ’n duisend man uit Binyamin saam met hom, saam met Tziva, die dienskneg van die huis van Sha’ul en sy vyftien seuns en twintig diensknegte saam met hom en hulle het haastig gemaak na die Yarden toe, voor die koning.

19. Toe het hulle aangehou die drif oorsteek om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. Shim’i, die seun van Gera, het voor die koning neergeval toe hy op die punt was om oor die Yarden te gaan.

20. Hy het vir die koning gesê: “Laat my meester my nie as skuldig beskou nie, of onthou wat u dienskneg verkeerd gedoen het op die dag dat my meester die koning uit Yerushalayim uitgekom het sodat die koning dit ter harte sou neem nie,

21. want u dienskneg weet dat ék gesondig het; daarom, let op, ek het vandag gekom, die eerste van die hele huis van Yosef om af te gaan om my meester die koning te ontmoet.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 19