Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 19:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die koning was diep aangeraak en het opgegaan na die vertrek bo die poort en gehuil en so het hy gesê terwyl hy loop: “My seun Avshalom, my seun, my seun Avshalom! As ek maar gesterf het in jou plek! Avshalom, my seun, my seun!”

2. Toe is dit vir Yo’av vertel: “Let op, die koning huil en rou oor Avshalom.”

3. Daardie dag het die oorwinning vir die hele volk in ’n rou verander omdat die volk dié dag gehoor het dat dit gesê is: “Die koning is bedroef oor sy seun.”

4. Die mense het dié dag stilletjies die stad ingekom, soos mense wat verneder is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het.

5. Die koning het sy gesig bedek en het uitgeroep met ’n harde stem: “My seun Avshalom! Avshalom, my seun, my seun!”

6. Toe kom Yo’av by die koning in die huis en sê: “U het vandag die gesigte van al u diensknegte, wat vandag u lewe en die lewe van u seuns en dogters en die lewe van u vroue en die lewe van u byvroue gered het, met skaamte bedek,

7. deur diegene wat u haat, lief te hê en diegene wat u liefhet, te haat, want u het vandag gewys dat prinse en diensknegte vir u niks is nie, want ek weet vandag dat, as Avshalom lewendig en ons almal vandag dood was, u tevrede sou wees.

8. Staan daarom nou op, gaan uit en praat goedhartig met u diensknegte, want ek sweer by יהוה, as u nie uitgaan nie, sal daar sekerlik vannag geen man by u bly nie en dit sal vir u groter wees as al die booshede wat oor u gekom het van u jeug af tot nou toe.”

9. Die koning het opgestaan en in die poort gaan sit. Toe hulle die hele volk laat weet en gesê het: “Let op, die koning sit in die poort,” het die hele volk voor die koning gekom. Yisra’el het gevlug, elkeen na sy tent.

10. Al die mense, van al die stamme van Yisra’el het onder mekaar getwis en gesê: “Die koning het ons bevry uit die hand van ons vyande en ons gered uit die hand van die F’lishtyne, maar nou het hy uit die land uit gevlug vir Avshalom.

11. Nietemin, Avshalom, wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesterf. Waarom is julle dan nou stil daaroor om die koning terug te bring?”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 19