Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 15:7-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Dit het gebeur aan die einde van vier jaar dat Avshalom vir die koning gesê het: “Laat my asseblief gaan en in Hevron my gelofte, wat ek aan יהוה gedoen het, betaal,

8. want u dienskneg het ’n gelofte gemaak terwyl ek in G’shur in Aram gebly het en gesê: “As יהוה my werklik na Yerushalayim toe sal terugbring, dan sal ek יהוה dien.”

9. Die koning het vir hom gesê: “Gaan in vrede!” Hy het opgestaan en na Hevron gegaan.

10. Avshalom het egter spioene uitgestuur regdeur al die stamme van Yisra’el om te sê: “Sodra julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: ‘Avshalom is koning in Hevron!’”

11. Toe het twee honderd man wat genooi was, in onskuld saam met Avshalom vanaf Yerushalayim gegaan, sonder om iets te weet.

12. Avshalom het ook terwyl hy die offers bring, vir Agitofel, die Gilohniet, Dawid se raadgewer, uit sy stad, uit Giloh, laat roep. Die sameswering was sterk, want die mense by Avshalom het voortdurend vermeerder.

13. Toe kom daar ’n boodskapper by Dawid wat sê: “Die verstand, wil en emosie van die manne van Yisra’el is met Avshalom.”

14. Dawid het vir al sy diensnegte wat by hom in Yerushalayim was, gesê: “Staan op en laat ons vlug, want nie een van ons sal van Avshalom af ontsnap nie! Gaan gou, of hy sal ons gou inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard tref.”

15. Toe het die diensknegte van die koning vir die koning gesê: “Let op, u diensknegte doen wat ook al ons meester die koning verkies!”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 15