Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 15:18-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. terwyl al sy diensknegte langs hom verbytrek; al die persoonlike wagte, al die boodskappers en al die Gittiete, (ses honderd man wat saam met hom gekom het vanaf Gat), het voor die koning verbygegaan.

19. Toe sê die koning vir Ittai, die Gittiet: “Hoekom sou jy ook saam met ons gaan? Draai om en bly by die koning, want jy is ’n buitelander en ook ’n banneling; gaan terug na jou eie plek.

20. Jy het net gister gekom en sal ek jou vandag laat rondswerf saam met ons terwyl ek gaan waar ek wil? Draai om en vat jou broers terug. Onverdiende guns en waarheid sal by jou wees!”

21. Ittai het egter die koning geantwoord en gesê: “So waar as יהוה leef en my meester die koning leef, waarlik, waar my meester die koning ook al sal wees, vir dood of vir lewe, daar sal u dienskneg ook wees!”

22. Dawid sê daarom vir Ittai: “Gaan, trek verby!” Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.

23. Terwyl die hele land hardop gehuil het, het al die mense verbygetrek. Die koning het ook oor die Kidronspruit getrek en al die mense het deurgetrek na die pad van die wildernis.

24. Let op, Tzadok het ook gekom en al die Leviete saam met hom wat die ark van die verbond van God dra en hulle het die ark van God neergesit en Evyatar het vanaf die stad gekom totdat al die mense klaar verbygegaan het.

25. Die koning het vir Tzadok gesê: “Vat die ark van God terug na die stad toe. As ek guns vind in die oë van יהוה, sal Hy my terugbring en beide dit en Sy blyplek laat sien,

26. maar as Hy so sou sê: ‘Ek het in jou geen behae nie,’ let op, hier is ek, laat Hy met my doen soos vir Hom goed is.”

27. Die koning het ook vir Tzadok, die priester, gesê: “Is u nie ’n siener nie? Gaan in vrede terug na die stad toe en jou twee seuns saam met jou; Agima’atz, jou seun en Y’honatan, die seun van Avyatar.

28. Kyk, ek gaan by die driwwe van die wildernis wag totdat daar ’n woord van julle af kom om my in te lig.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 15