Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 15:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierna het dit gebeur dat Avshalom vir hom ’n strydwa, perde en vyftig man as hardlopers voor hom uit, voorsien het.

2. Avshalom het vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan en Avshalom het elkeen wat ’n saak van regspraak gehad het om na die koning te bring, geroep en gesê: “Vanaf watter stad is jy?” Hy sal antwoord: “U dienaar is uit een van die stamme van Yisra’el,”

3. dan sal Avshalom vir hom sê: “Kyk, jou eise is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand na jou luister nie.”

4. Meer nog, Avshalom sal sê: “O, dat een my sou aanstel as regter in die land, dan sou elkeen wat ’n regsaak of rede het, na my toe kan kom en ek sal aan hom gee wat reg is.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 15