Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 9:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Koning Shlomo het vir die koningin van Sh’va alles gegee wat sy gevra het, behalwe wat hy reeds gegee het en vir haar alles vertel wat in haar verstand, wil en emosie is. Sy het teruggekeer na haar eie land, sy en haar diensknegte.

13. Die gewig van Shlomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud;

14. behalwe vir die belastings uit die stede en die handel wat die handelaars gebring het. Al die konings van Arabië en die goewerneurs van die land het goud en silwer vir Shlomo gebring.

15. Koning Shlomo het twee honderd groot skilde van geslaande goud gemaak; ses honderd sikkels (6,8kg) goud het in elke groot skild gegaan;

16. asook drie honderd klein skilde van geslaande goud; drie honderd sikkels goud het in elke klein skild gegaan en die koning het hulle in die huis van die L’vanon-woud gesit.

17. Verder het die koning ook ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

18. Die troon het ses trappe gehad en die rand het van agteraf ingekrul met armleunings aan elke kant van die sitplek, met twee leeus wat agter die armleunings staan.

19. Twaalf leeus het weerskante op die ses trappe gestaan. Die gelyke is nooit in enige koninkryk gemaak nie.

20. Al die houers van die diens van koning Shlomo was van goud en al die voorwerpe van die koning se skatkamers was van suiwer goud; silwer is nie in die dae van Shlomo as iets gereken nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 9