Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 9:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die koningin van Sh’va hoor van die beroemdheid van Shlomo, het sy gekom om Shlomo met raaisels te toets. Sy het na Yerushalayim gekom met ’n baie groot trek: met kamele wat speserye, goud in oorvloed en edelgesteentes gedra het en toe sy by Shlomo kom, het sy vir hom alles vertel wat in haar verstand, wil en emosie was.

2. Koning Shlomo het aan haar al die geheime in haar binneste vertel en daar was niks verborge vir die koning wat hy nie vir haar kon vertel nie.

3. Toe die koningin van Sh’va die wysheid van Shlomo sien en die huis wat hy gebou het,

4. die voedsel van sy tafel en hoe sy diensknegte sit en sy ministers se teenwoordigheid en hulle klere, sy skinkers en hulle klere en die offers wat hy in die huis van יהוה geoffer het, was daar geen gees in haar oor (begeerte) om meer te sien nie.

5. Sy het vir koning Shlomo gesê: “Dit was ’n waar verslag wat ek in my eie land gehoor het aangaande u dade en u wysheid.

6. Nieteenstaande het ek hulle woorde nie geglo nie totdat ek gekom en my oë dit gesien het en let op, die helfte van die grootheid van u wysheid is my nie vertel nie, want u oortref die verslag wat ek gehoor het.

7. Gelukkig is u diensknegte, wat voortdurend voor u staan en u wysheid hoor!

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 9