37. en as hulle tog terugdraai na U en in die land waarheen hulle weggevat is bid en sê: ‘Ons het gesondig, ons het U getart tot woede en boos opgetree’
38. en hulle in die land van hul gevangeskap, waarheen hulle weggevat is, na U toe terugdraai met hul hele verstand, wil en emosie en met hul hele lewe en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het en van die stad wat U gekies het en van die huis wat ek vir U Naam (Karakter en Outoriteit) gebou het,
39. hoor dan uit die hemel, uit U blyplek, hulle gebed en hulle smekinge en erken hulle saak en vergewe U volk wat teen U gesondig het.
40. Nou, o my God, laat U oë oop wees en U ore luister na die gebed wat in hierdie plek gemaak word.
41. Staan nou op, יהוה-God, in U rusplek, U en die ark van U sterkte! Laat U priesters, יהוה-God, met verlossing aangetrek wees en laat U regverdige manne hulle verheug in U goedheid.
42. יהוה-God, draai nie die gesig van U gesalfde een weg nie; onthou die onverdiende guns aan U dienskneg, Dawid!”