Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 6:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Shlomo gesê: “יהוה, U het verklaar dat U in die digte wolk sal bly,

2. maar ek het vir U ’n blyplek gebou en ’n plek vir U om ewig in te bly.”

3. Toe draai die koning sy gesig om en seën die hele vergadering van Yisra’el terwyl die hele vergadering van Yisra’el staan.

4. Hy het gesê: “Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, wat met Sy eie mond met my vader, Dawid, gepraat het en met Sy woord vervul het wat Hy belowe en gesê het:

5. ‘Vanaf die dag dat Ek My volk uit die land van Mitzrayim uitgebring het, het Ek geen stad gekies uit al die stamme van Yisra’el om ’n huis te bou sodat My Naam (Karakter en Outoriteit) daar sou wees nie,

6. maar Ek het Yerushalayim gekies sodat My Naam (Karakter en Outoriteit) daar sou wees en Ek het Dawid gekies om koning oor My volk Yisra’el te wees.’

7. Dit was in die verstand, wil en emosie van my vader, Dawid, om ’n huis te bou vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, die God van Yisra’el,

8. maar יהוה het vir my vader, Dawid, gesê: ‘Dat dit in jou verstand, wil en emosie was om vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis te bou, dit was goed dat dit in jou verstand, wil en emosie was,

9. nogtans sal jy nie die huis vir My Naam (Karakter en Outoriteit) bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, hy sal vir My Naam (Karakter en Outoriteit) die huis bou.’

10. יהוה het volgens Sy woord, wat Hy gesê het, gedoen, want ek het opgestaan in die plek van Dawid, my vader en ek sit op die troon van Yisra’el, soos יהוה belowe het en ek het die huis gebou vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, die God van Yisra’el

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 6