Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 5:9-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die draagbalke was so lank dat die punte van die draagbalke, van onder die ark, uit die binneste vertrek gesien kon word, maar hulle was nie sigbaar van buite af nie en daar het hulle gebly tot vandag toe.

10. Daar was niks in die ark nie behalwe die twee tafels wat Moshe daar ingesit het, wat hy vanaf Horev gebring het, dieselfde verbond wat יהוה met die seuns van Yisra’el gesluit het toe hulle uit Mitzrayim uitgekom het.

11. Dit het gebeur toe die priesters uit die Afgesonderde Plek uitgaan, want al die priesters wat daar was, het in die Afgesonderde Plek ingegaan,

12. ook die Leviete wat sangers was, van Asaf, Heman en Y’dutun, met hulle seuns en hulle broers, aangetrek in wit linne, met simbale, instrumente en harpe, aan die oostekant van die altaar en saam met hulle ’n honderd en twintig priesters wat op die trompette blaas;

13. die trompetblasers en die sangers was saam soos een sodat een klank gehoor is om יהוה te prys en te dank; toe hulle hul stemme oplig saam met die trompette, die simbale en die musiekinstrumente, om יהוה te loof en te sê: “Hy is goed, Sy onverdiende guns duur vir ewig,” is die huis van יהוה gevul met ’n wolk.

14. Die priesters kon nie staan om te bedien as gevolg van die wolk nie, want die huis van יהוה was gevul met die helderheid van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 5