Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 5:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Al die werk wat Shlomo vir die huis van יהוה gedoen het, was klaar en Shlomo het al die dinge ingebring wat sy vader, Dawid, afgesonder het en die silwer, die goud en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van יהוה neergesit.1 Kon 8

2. Toe het Shlomo al die oudstes van Yisra’el, die stamhoofde en die familiehoofde van die seuns van Yisra’el, in Yerushalayim bymekaar laat kom om die ark van die verbond van יהוה uit die stad van Dawid, dit is Tziyon, te bring,

3. waarby al die manne van Yisra’el hulle by die koning in Yerushalayim vergader het op die fees van Sukkot, wat in die sewende maand is.

4. Al die oudstes van Yisra’el het gekom en die priesters het die ark opgetel

5. en die ark, die tent van ontmoeting en al die afgesonderde voorwerpe wat in die tent was, dit het die Leviete en die priesters gebring.

6. Koning Shlomo en die hele vergadering van Yisra’el wat by hom bymekaar was voor die ark, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 5