Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Verder het hy ’n altaar van koper gemaak; twintig el was sy lengte, twintig el sy breedte en tien el sy hoogte.

2. Hy het ook ’n gegote see gemaak; van rand tot rand was dit tien el, rond in vorm en die hoogte daarvan was vyf el en sy omtrek dertig el.

3. Dit het gestaan op twaalf beeste: drie wat kyk na die noorde, drie wat kyk na die suide, drie wat kyk na die weste en drie wat kyk na die ooste toe en die see was bo-op hulle en al hulle agterstewes was binnekant toe.

4. Die dikte daarvan was ’n handbreedte en sy rand was rond soos die rand van ’n beker, baie mooi.

5. Hy het tien pale gemaak en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant gesit om die altaar vir die brandoffer mee te dra.

6. Hy het tien waskomme gemaak van koper en vyf regs en vyf links gesit vir die priesters om hulle hande en voete in te was.

7. Hy het tien goue kandelare gemaak, volgens die voorskrif daarvan en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.

8. Hy het ook tien tafels gemaak en hulle in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant en hy het ’n honderd goue komme gemaak.

9. Hy het ook ’n groot ruimte gemaak vir die priesters en die Leviete en die deure en die balke met koper oorgetrek.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4