Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 35:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Ná dit alles, toe Yoshiyahu die sake van die tempel voltooi het, het Farao, die lam koning van Mitzrayim (N’kho), opgetrek om teen Kark’mish aan die Eufraat, te veg en Yoshiyahu het teen hom uitgetrek.

21. Hy het ambassadeurs na hom toe gestuur om te sê: “Wat het ek met jou te doen, koning van Y’hudah? Ek kom nie vandag teen jóu nie, o koning van Y’hudah, maar teen die huis wat teen my oorlog voer. God het gesê ek moet gou maak. Moenie jou teen God bemoei, wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie.”

22. Nogtans wou Yoshiyahu nie sy gesig van hom af wegdraai nie, want hy het gegaan om teen hom te veg. Hy het nie geluister na die woorde van Farao, die Lamme, nie, want Yoshiyahu het nie geweet dat dit van יהוה is nie, hy het dus voortgegaan om teen hom te veg in die vlakte van Megiddo.

23. Toe het Farao, die Lamme, twee pyle na Yoshiyahu geskiet. Toe sê die koning vir sy diensknegte: “Vat my weg, want ek is swaar gewond.”

24. Sy diensknegte het hom uit die strydwa gehaal en hom in sy eie koninklike strydwa gesit en hom na Yerushalayim gebring. Hy het gesterf en is begrawe in die grafte van sy vaders en die hele Y’hudah en Yerushalayim het oor Yoshiyahu gerou.

25. Yirmeyahu het ’n klaaglied vir Yoshiyahu gedig en gesê: “Alle regverdige manne en vroue, huil in julle klaagliedere vir Yoshiyahu.” Hy het dit tot ’n instelling in Yisra’el gemaak, tot vandag toe. Let op, hierdie klaagliedere is opgeskryf in die boek van Klaagliedere.

26. Die res van die dade van Yoshiyahu en sy goedheid, volgens dit wat geskryf is in die wet van יהוה

27. en sy dade, die vroeëre en die latere, let op, dit is opgeskryf in die Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah.2 Kon 23:31-33

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 35