Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 32:17-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy het ook briewe geskryf om יהוה, die God van Yisra’el, te spot en met die mense van Yisra’el te praat en gesê: “Soos die gode van die nasies van hierdie lande nie in staat was om hulle stede uit my hand te bevry nie, so sal die God van Hizkiyahu nie in staat wees om sy stad uit my hand te bevry nie.”2 Kon 18:26,28

18. Toe het hulle hardop uitgeroep in die Joodse taal na die manne wat op die muur van Yerushalayim gesit het, om hulle bang te maak en te pla sodat hulle die muur van die stad kon verower.

19. Hulle het oor die God van Yerushalayim gepraat soos oor die gode van die volke van die aarde, wat met mensehande gemaak is.

20. Toe het Hizkiyahu en Yesha’yahu, die profeet, die seun van Amotz, hieroor gebid en יהוה het die stem van hulle gebed gehoor,

21. יהוה het ’n engel uit Sy Teenwoordigheid gestuur wat al die magtige dapper manne, die bevelvoerders en prinse, wat in die kamp van die koning van Ashur was, doodgeslaan het. Die koning van Ashur het dus vernederd na sy eie land teruggegaan en toe hy in die huis van sy gode kom, het sy seuns, die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard doodgeslaan.

22. So het יהוה vir Hizkiyahu en die inwoners van Yerushalayim bevry uit die hand van Sangeriv, koning van Ashur en uit die hand van almal wat hulle grense binnegedring het.

23. Baie van die seuns van Yisra’el het geskenke aan יהוה na Yerushalayim gebring en het geskenke aan Hizkiyahu, koning van Y’hudah gegee sodat hy opgelig is voor alle nasies.

24. In daardie dae het Hizkiyahu dodelik siek geword en hy het tot יהוה gebid en gesê: “U het kragtige wonderwerke vir my gedoen en my beloon volgens die werke van my hande.”Deut 17:18-20 van sy verstand, wil en emosie; daarom het die woede van יהוה oor hom en oor Y’hudah en Yerushalayim gekom.

25. Hizkiyahu se siekte was as gevolg van die trots

26. Hizkiyahu het hom egter verneder oor die hoogmoedigheid van sy verstand, wil en emosie, beide hy en die inwoners van Yerushalayim sodat die woede van יהוה nie oor hulle gekom het in die dae van Hizkiyahu nie.

27. Hizkiyahu het buitengewoon baie rykdom en eer gehad en het vir hom skatkamers gemaak vir silwer, vir goud, vir edelgesteentes, vir speserye en skilde en vir allerhande aangename voorwerpe.

28. Hy het ook stoorkamers vir die opbrengs van graan, wyn en olie en stalle vir allerhande soorte diere gemaak,

29. asook krale vir beeste en kleinvee en osse en ander diere, want יהוה het vir hom baie besittings gegee.

30. Dieselfde Hizkiyahu het ook die boonste uitloop van die fonteine toegestop en dit reguit afgelei na die westelike watervoor van die stad van Dawid. Hizkiyahu was voorspoedig in al sy werke.

31. Hy het gesoek na die wet van יהוה, soos dit in die land gegee is en יהוה het alles geweet wat in sy verstand, wil en emosie was.2 Kon 18:1-20:21; Yes 36 - 39:8

32. Die res van die dade van Hizkiyahu en sy goedheid en uitstekende lewenswyse, let op, dit is opgeskryf in die Profesie van die profeet Yesha’yahu, die seun van Amotz en in die ‘Boek van die konings van Y’hudah en Yisra’el.’

33. Hizkiyahu is neergelê by sy vaders en hy is begrawe in die stad van Dawid; die hele Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim het hom eer bewys by sy dood. M’nasheh, sy seun, het in sy plek geheers.2 Kon 21:1-18

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 32