Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 32:15-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Moet daarom nie dat Hizkiyahu julle mislei of hierin laat vertrou nie en moet hom nie glo nie, want julle God sal julle nie uit my hand kan bevry nie, want al die nasies en koninkryke kon nie hul stede uit my hand of uit die hand van my vaders bevry nie; julle God sal julle ook nie uit my hand kan bevry nie.”

16. Sy diensknegte het hierdie dinge in die Teenwoordigheid van יהוה, God van Yisra’el, gepraat en in die teenwoordigheid van Sy dienskneg, Hizkiyahu.

17. Hy het ook briewe geskryf om יהוה, die God van Yisra’el, te spot en met die mense van Yisra’el te praat en gesê: “Soos die gode van die nasies van hierdie lande nie in staat was om hulle stede uit my hand te bevry nie, so sal die God van Hizkiyahu nie in staat wees om sy stad uit my hand te bevry nie.”2 Kon 18:26,28

18. Toe het hulle hardop uitgeroep in die Joodse taal na die manne wat op die muur van Yerushalayim gesit het, om hulle bang te maak en te pla sodat hulle die muur van die stad kon verower.

19. Hulle het oor die God van Yerushalayim gepraat soos oor die gode van die volke van die aarde, wat met mensehande gemaak is.

20. Toe het Hizkiyahu en Yesha’yahu, die profeet, die seun van Amotz, hieroor gebid en יהוה het die stem van hulle gebed gehoor,

21. יהוה het ’n engel uit Sy Teenwoordigheid gestuur wat al die magtige dapper manne, die bevelvoerders en prinse, wat in die kamp van die koning van Ashur was, doodgeslaan het. Die koning van Ashur het dus vernederd na sy eie land teruggegaan en toe hy in die huis van sy gode kom, het sy seuns, die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard doodgeslaan.

22. So het יהוה vir Hizkiyahu en die inwoners van Yerushalayim bevry uit die hand van Sangeriv, koning van Ashur en uit die hand van almal wat hulle grense binnegedring het.

23. Baie van die seuns van Yisra’el het geskenke aan יהוה na Yerushalayim gebring en het geskenke aan Hizkiyahu, koning van Y’hudah gegee sodat hy opgelig is voor alle nasies.

24. In daardie dae het Hizkiyahu dodelik siek geword en hy het tot יהוה gebid en gesê: “U het kragtige wonderwerke vir my gedoen en my beloon volgens die werke van my hande.”Deut 17:18-20 van sy verstand, wil en emosie; daarom het die woede van יהוה oor hom en oor Y’hudah en Yerushalayim gekom.

25. Hizkiyahu se siekte was as gevolg van die trots

26. Hizkiyahu het hom egter verneder oor die hoogmoedigheid van sy verstand, wil en emosie, beide hy en die inwoners van Yerushalayim sodat die woede van יהוה nie oor hulle gekom het in die dae van Hizkiyahu nie.

27. Hizkiyahu het buitengewoon baie rykdom en eer gehad en het vir hom skatkamers gemaak vir silwer, vir goud, vir edelgesteentes, vir speserye en skilde en vir allerhande aangename voorwerpe.

28. Hy het ook stoorkamers vir die opbrengs van graan, wyn en olie en stalle vir allerhande soorte diere gemaak,

29. asook krale vir beeste en kleinvee en osse en ander diere, want יהוה het vir hom baie besittings gegee.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 32