Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 31:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die seuns van Yisra’el en Y’hudah wat in die stede van Y’hudah gebly het, het ook gawes gebring en aan יהוה, hulle God, geoffer. Hulle het tiende op tiende gebring van graan, wyn en hulle beeste en die opbrengs van die land. Hulle het die tiendes gebring en dit afgesonder vir יהוה, hulle God.

7. In die derde maand het hulle die fondasie van die tiende voorraad gelê en in die sewende maand het Hizkiyahu dit gevat en onder die priesters en Leviete versprei.

8. Toe Hizkiyahu en die prinse sien dat die tiendes van die priesters so oorvloedig is, het hulle יהוה geseën en vir Yisra’el gebid.

9. Toe het Hizkiyahu vir die priesters en die Leviete gebid aangaande die oorvloed van die tiendes.

10. Hy het `Azaryahu, die hoofpriester, van die huis van Tzadok, laat roep en vir hom gesê: “Hierdie tiendes is vir julle gereed om geëet te word, want dit is in die huis van יהוה ingebring. Julle kan eet en versadig word en gee dit wat oor is vir die armes en die vaderloses, want יהוה het Sy volk geseën en aan hulle hierdie oorvloed gegee. Wat oor is, gee dit aan die mense van Yisra’el.”

11. Toe gee Hizkiyahu bevel om stoorkamers in die huis van יהוה in te rig en hulle het dit voorberei

12. en hulle het die tiendes en die toegewyde dinge getrou ingebring. Konanyahu, die Leviet, is as hoof daaroor aangestel en sy broer Shim’i as tweede in bevel.

13. Yegi’el, `Azazyahu, Nagat, `Asah’el, Yerimot, Yozavad, Eli’el, Yismagyah, Magat en B’nayahu was opsigters, onder toesig van Konanyahu en sy broer Shim’i, volgens die bevel van koning Hizkiyahu en `Azaryahu, die hoofpriester oor die huis van יהוה.

14. Kore, die seun van Yimnah, die Leviet, die poortwagter van die Oostelike poort, was oor die vrywillige gawes aan יהוה en die mees afgesonderde dinge.

15. Saam met hom was `Eden, Minyamin, Yeshua, Sh’ma’yahu, Amaryahu en Sh’khanyahu, in die stede van die priesters, in hul aangestelde ampte, om porsies aan hulle broers uit te deel, aan groot en klein dieselfde,

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 31