Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 31:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Toe gee Hizkiyahu bevel om stoorkamers in die huis van יהוה in te rig en hulle het dit voorberei

12. en hulle het die tiendes en die toegewyde dinge getrou ingebring. Konanyahu, die Leviet, is as hoof daaroor aangestel en sy broer Shim’i as tweede in bevel.

13. Yegi’el, `Azazyahu, Nagat, `Asah’el, Yerimot, Yozavad, Eli’el, Yismagyah, Magat en B’nayahu was opsigters, onder toesig van Konanyahu en sy broer Shim’i, volgens die bevel van koning Hizkiyahu en `Azaryahu, die hoofpriester oor die huis van יהוה.

14. Kore, die seun van Yimnah, die Leviet, die poortwagter van die Oostelike poort, was oor die vrywillige gawes aan יהוה en die mees afgesonderde dinge.

15. Saam met hom was `Eden, Minyamin, Yeshua, Sh’ma’yahu, Amaryahu en Sh’khanyahu, in die stede van die priesters, in hul aangestelde ampte, om porsies aan hulle broers uit te deel, aan groot en klein dieselfde,

16. behalwe dit wat aan mans toekom van drie jaar en ouer, elkeen wat in die huis van יהוה ingekom het, hulle daaglikse porsie vir hulle dienswerk volgens hulle afdelings.

17. Olie en wyn is aan die priesters en die Leviete gegee volgens hulle families, vanaf twintig jaar en ouer, volgens hulle verpligtinge in hulle afdelings.

18. Olie is vir hulle lanterns gegee, vir hulle vroue, hul seuns en hul dogters en aan die hele vergadering van Yisra’el, want hulle het hul getrou in hul ampswerk afgesonder.

19. Die seuns van Aharon, die priester, was afgesonderd; hulle het na elke dorpie en voorstad gegaan, manne wie se name bekend was, om porsies aan al die priesters en aan almal wat volgens nageslag as Leviete erken is, te gee.

20. So het Hizkiyahu regdeur die hele Y’hudah gedoen en hy het gedoen wat goed en reg was en in waarheid voor יהוה geleef.

21. Elke werk wat hy begin het in die huis van יהוה en in die wet en die opdragte om sy God te soek, het hy met sy hele verstand, wil en emosie gedoen en was voorspoedig.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 31