Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 30:21-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Die seuns van Yisra’el wat in Yerushalayim was, het die Fees van die Ongesuurde Brode vir sewe dae lank met groot blydskap gevier en die Leviete en die priesters het יהוה dag vir dag geprys en liedere van lofprysing gesing.

22. Hizkiyahu het met al die Leviete gepraat wat goeie liedere voor יהוה gesing het en hulle het regdeur die fees, sewe dae lank geëet terwyl hulle vredesoffers geslag en belydenis gedoen het tot יהוה, die God van hulle vaders.

23. Die hele vergadering het aangebly om nog sewe dae fees te hou en hulle het die ander sewe dae met vreugde gevier,

24. want Hizkiyahu, koning van Y’hudah, het vir die vergadering van Yisra’el sewe duisend keur jong bulle, groot en klein en ’n duisend keur bulle en tien duisend skape gegee en ’n groot hoeveelheid priesters het hulleself afgesonder.

25. Die hele vergadering van Y’hudah, saam met die priesters en die Leviete en die hele vergadering van die wat uit Yisra’el gekom het, asook die proseliete wat uit die land van Yisra’el gekom het en die wat in Y’hudah gebly het, het hulle verheug.

26. Daar was groot blydskap in Yerushalayim, want sedert die dae van Shlomo, die seun van Dawid, koning van Yisra’el, was daar nie so iets in Yerushalayim nie.

27. Toe het die Leviete en die priesters opgestaan en die volk geseën en יהוה het hulle stem gehoor en hulle gebed het opgegaan tot by Sy afgesonderde blyplek, tot in die hemele.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 30