Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 29:9-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Let op, ons vaders het deur die swaard geval en ons seuns, ons dogters en ons vroue is in gevangeskap.

10. Nou, omdat ons afgedwaal het daarvan om יהוה, ons God, te volg en die verbond verlaat het wat Hy met ons vaders gesluit het, daarom het Hy ons ook verlaat.

11. My seuns, moenie nou nalatig wees nie, want יהוה het julle gekies om voor Hom te staan, om Hom te dien, tot Hom te bedien en wierook te laat brand.”

12. Toe het die Leviete opgestaan: Magat, die seun van `Amasai, Yo’el, die seun van `Azaryahu, uit die seuns van die K’hatiete; uit die seuns van M’rari: Kish, die seun van `Avdi en `Azaryahu, die seun van Yehallel’el; uit die Gershuniete: Yo’ag, die seun van Zimmah en `Eden, die seun van Yo’ag;

13. uit die seuns van Elitzafan: Shimri en Ye’i’el; uit die seuns van Asaf: Z’kharyah en Mattanyahu;

14. uit die seuns van Heman: Yegi’el en Shim’i; uit die seuns van Y’dutun: Sh’ma’yah en `Uzi’el.

15. Hulle het hul broers bymekaargemaak en hulself afgesonder en gekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die woorde van יהוה, die huis van יהוה te reinig.

16. Die priesters het binne-in die binneste deel van die huis van יהוה ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van יהוה gevind het, uitgebring in die oopte van die huis van יהוה en die Leviete het dit gevat om dit uit te bring na buite, na die Kidronspruit.

17. Hulle het begin om dit af te sonder op die eerste van die eerste maand en op die agtste dag van die maand was hulle by die stoep van יהוה. Hulle het die huis van יהוה binne agt dae afgesonder en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle klaar.

18. Toe het hulle na koning Hizkiyahu gegaan en gesê: “Ons het die hele huis van יהוה gereinig, die brandofferaltaar met al sy gereedskap, die tafel vir die brode van die Teenwoordigheid met al sy gereedskap,

19. ook al die gereedskap wat koning Agaz tydens sy regering deur sy oortreding weggegooi het, het ons voorberei en afgesonder en let op, hulle is voor die altaar van יהוה.

20. Toe het koning Hizkiyahu vroeg opgestaan en die oudstes van Yerushalayim bymekaargemaak en opgegaan na die huis van יהוה.

21. Hulle het vir hom sewe bulle, sewe ramme, sewe lammers en sewe bokramme as ’n toedekking vir die koninkryk en vir die Afgesonderde Plek en vir Y’hudah gebring en hy het die seuns van Aharon, die priesters, beveel om dit op die altaar van יהוה te offer

22. en om die beeste te slag en die priesters beveel om die bloed op te vang en aan die horings van die altaar te sprinkel

23. en om die bokramme voor die koning en die vergadering van Yisra’el te bring en om hulle hande daarop te lê

24. dat die priesters hulle sal slag en die bloed daarvan teen die altaar se horings sprinkel om ’n toedekking te doen vir die hele Yisra’el, want die koning het beveel dat die hele Yisra’el brandoffers en offers moet bring.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 29