Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 29:24-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. dat die priesters hulle sal slag en die bloed daarvan teen die altaar se horings sprinkel om ’n toedekking te doen vir die hele Yisra’el, want die koning het beveel dat die hele Yisra’el brandoffers en offers moet bring.

25. Hy het die Leviete opgestel in die huis van יהוה met simbale, begeleide liedere en met die liedere van Dawid, van Gad, die profeet van die koning en van die profeet Natan, want Dawid het die liedere van יהוה, sy God, gesing soos hulle gesing is deur die monde van die profete.

26. Die Leviete het gaan staan en die liedere van Dawid gesing en die priesters het op reguit en gekromde trompette geblaas.

27. Toe het Hizkiyahu beveel dat die brandoffer op die altaar geoffer moet word en toe die brandoffer begin, het Hizkiyahu ook die liedere van יהוה begin sing, volgens die liedere van Dawid, die koning van Yisra’el.

28. Die hele vergadering van Yisra’el het hulle neergebuig en liedere gesing en met die reguit en gekromde trompette geblaas totdat die brandoffers klaar was.

29. Toe hulle klaar geoffer het, het die koning en almal wat by hom was, gekniel en aanbid.

30. Verder het koning Hizkiyahu en die prinse die Leviete beveel om lofprysinge tot יהוה te sing met die woorde van Dawid en van Asaf, die profeet en hulle het lofsange met blydskap gesing en neergebuig en aanbid.

31. Hizkiyahu het geantwoord en gesê: “Nou het julle jul afgesonder vir יהוה se lewenswyse; kom nader en bring offers en dankoffers in die huis van יהוה.” Die mense het offers en dankoffers gebring, alles wat hulle verstand, wil en emosie begeer, het hulle gebring.

32. Die getal van die brandoffers wat die mense gebring het, was sewentig beeste, ’n honderd ramme en twee honderd lammers; dit alles was as ’n brandoffer aan יהוה.

33. Die afgesonderde dinge was ses honderd beeste en drie duisend skape.

34. Die priesters was te min sodat hulle nie al die brandoffers kon slag nie; daarom het hulle broers, die Leviete, hulle gehelp totdat die werk voltooi is. Na dit het die priesters hulself afgesonder, want die Leviete was nederig en het hulself meer afgesonder as die priesters.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 29