Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 28:6-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Pekag, die seun van Remalyah, het in Y’hudah op een dag ’n honderd en twintig duisend doodgemaak, almal dapper manne omdat hulle יהוה, die God van hulle vaders, verlaat het.

7. Zikhri, ’n magtige man van Efrayim, het vir Ma’aseiyah, die seun van die koning en vir `Azrikam, die goewerneur van die paleis en vir Elkanah, die tweede onder die koning, doodgemaak.

8. Die seuns van Yisra’el het van hulle broers twee honderd duisend as gevangenes weggevoer en hulle seuns en dogters en ook baie buit van hulle geroof en die buit na Shomron gebring.

9. Daar was egter ’n profeet van יהוה met die naam van `Oded en hy het uitgegaan na die leër wat aan’t kom was na Shomron en vir hulle gesê: “Let op omdat יהוה, die God van julle vaders, kwaad was vir Y’hudah het Hy hulle in jul hand oorgegee en julle het hulle doodgemaak en was nie vir hulle jammer nie.

10. Nou beplan julle om hulle jul slawe en slavinne te maak en selfs nou weet julle dat julle hierdie sonde gedoen het in die Teenwoordigheid van יהוה, julle God.

11. Luister daarom na my en stuur hulle wat julle van jul broers gevange geneem het, terug sodat die groot woede van יהוה nie op julle kom nie!”

12. Toe het sekere van die hoofde van die kinders van Efrayim opgestaan teen hulle wat uit die oorlog kom: `Azaryahu, die seun van Y’hoganan, Berekhyahu, die seun van Meshillemot, Y’gizkiyah, die seun van Shallum en `Amasa, die seun van Hadlai

13. en vir hulle gesê: “Julle mag nie die gevangenes hierheen bring nie dat ons nie weer teen יהוה, ons God, sondig nie. Julle wil byvoeg by ons oortredinge en ons sondes, want ons sondes is uitermate groot.”

14. Hulle het toe al die gevangenes teruggestuur na Yerushalayim, maar het weer bedrieglik teenoor יהוה opgetree.

15. Die manne wat volgens naam aangewys is, het opgestaan en die gevangenes gevat en almal wat kaal was uit die buit aangetrek, vir hulle klere gegee en skoene en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat swak was, op donkies vervoer en hulle tot by Yerigo, die Palmstad, na hul broers gebring; toe het hulle na Shomron teruggegaan.

16. In daardie tyd het koning Agaz die koning van Ashur gevra om hom te help,

17. want in hierdie tyd het die Edomiete gekom en Y’hudah verslaan en gevangenes weggevoer.

18. Ook die F’lishtyne het gekom en die stede van die Laeveld en die Suidland van Y’hudah beleër en hulle het Beit-Shemesh, Ayalon, G’derot, Sokho, met sy dorpies, Timnah met sy dorpies en Gimzo met sy dorpies, verower,

19. want יהוה het Y’hudah verneder ter wille van die sondes van Agaz, die koning van Y’hudah omdat hy wetteloosheid in Y’hudah bevorder en ernstig teen יהוה oortree het.

20. Tilgat-Piln’eser, koning van Ashur, het hom aangeval en teen hom gekamp en hom baie ontstel.

21. Agaz het die voorwerpe uit die huis van יהוה en uit die huise van vorige konings en uit die huise van ryk manne weggevat en dit aan die koning van Ashur gegee sodat hy hom nie kwaad sou aandoen in sy tyd van benoudheid nie.

22. Dieselfde koning Agaz het egter nog meer teen יהוה oortree:

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 28