Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 25:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Amatzyahu sê vir die man van God: “Watter oortreding het ek begaan deur die honderd talente vir die manne van Yisra’el te gee?” Die man van God antwoord: “יהוה is in staat om vir u baie meer as dit te gee, dubbel wat u gegee het.”

10. Toe het Amatzyahu die manne wat uit Efrayim gekom het afgesonder om weer huis toe te gaan, maar hulle het baie kwaad geword en hy het hulle in woede teruggestuur.

11. Amatzyahu het homself versterk en sy manne gelei en na die Vallei van Sout gegaan en tien duisend van die manne wat vanaf Se’ir is, verslaan.

12. Die seuns van Y’hudah het nog tien duisend lewendig gevang en hulle na die top van die krans gebring, almal in kettings gebind.

13. Die dapper manne wat Amatzyahu laat teruggaan het, het ’n plundertog onderneem in die stede van Y’hudah, Shomron en die stede van die ander nasies en het drie duisend manne gedood en baie buit geroof.

14. Dit het gebeur toe Amatzyahu teruggekom het nadat hy die Edomiete verslaan het, hulle vir hom die gode van die manne van Se’ir gebring het en hy het hulle voor hom opgestel en hom voor hulle neergebuig en vir hulle wierook laat opgaan;

15. daarom het die woede van יהוה teen Amatzyahu ontvlam en Hy stuur ’n profeet na hom, wat vir hom sê: “Waarom het jy gebid voor die gode van die ander nasies, wat nie hulle eie volk uit u hand kon red nie?”

16. Dit het gebeur terwyl die profeet met hom praat dat die koning vir hom sê: “Die aanbidding van houtvoorwerpe is deur die konings opgeneem.” Toe onttrek die profeet van hom en sê: “Wee tot u, let op, יהוה het besluit om u te vernietig omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie.”

17. Amatzyahu, die koning van Y’hudah, het raad gekry en gestuur na Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, die seun van Yehu, koning van Yisra’el, om te sê: “Kom, laat ons mekaar se gesigte sien in geveg.”.

18. Y’ho’ash, koning van Yisra’el, het Amatzyahu, koning van Y’hudah, so geantwoord: “Die distel wat op die L’vanon is, het vir die seder wat op die L’vanon is, laat weet: ‘Gee jou dogter aan my seun as vrou en daar het ’n wilde dier in die L’vanon verbygegaan en die distel vertrap.’

19. Omdat u die Edomiete verslaan het, het u verstand, wil en emosie u opgelig om te roem. Behou u waardigheid en bly tuis. Waarom wil u moeilikheid opstook dat u sou val, u en die hele Y’hudah saam met u?”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 25