Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 23:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Die Leviete en die hele Y’hudah het gedoen net soos die priester Y’hoyadah beveel het: elkeen het sy manne gevat wat op die Shabbat moes waghou saam met die wat op die Shabbat uitgaan, want Y’hoyadah, die priester, het hulle van hulle pligte onthef.

9. Y’hoyadah, die priester, het aan die bevelvoerders oor ’n honderd die spiese, die klein skilde en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van יהוה was.

10. Elke man het opgestaan met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die tempel af tot by die linkerkant van die tempel, by die altaar en na die tempel toe en rondom die koning.

11. Toe het hulle die seun van die koning uitgebring en die kroon op sy kop gesit, aan hom die septer gegee en hom koning gemaak. Y’hoyadah en sy seuns het hom gesalf en gesê: “Lank leef die koning!”

12. Toe `Atalyah die klanke van die mense hoor wat hulle verheug en יהוה loof, het sy na die koning toe gekom in die huis van יהוה.

13. Sy het gekyk en let op, die koning staan by die pilaar volgens die gebruik van die konings en die volk het met reguit en gebuigde trompette geblaas voor die koning en die hele volk was verheug en het op trompette geblaas met die sangers, begelei met musiekinstrumente. Toe skeur `Atalyah haar klere en roep uit: “Verraad, verraad!”

14. Toe het Y’hoyadah, die priester, die bevelvoerders oor ’n honderd, wat oor die leër aangestel is, beveel en vir hulle gesê: “Vat haar weg uit die rye uit en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word,” want die priester het gesê: “Julle mag haar nie in die huis van יהוה doodmaak nie.”

15. Toe het hulle vir haar ’n pad oopgemaak en sy het na die ingang van die Perdepoort gegaan en is daar doodgemaak.

16. Y’hoyadah het ’n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en tussen homself en die koning sodat hulle יהוה se volk sou wees.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 23