Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 23:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Toe `Atalyah die klanke van die mense hoor wat hulle verheug en יהוה loof, het sy na die koning toe gekom in die huis van יהוה.

13. Sy het gekyk en let op, die koning staan by die pilaar volgens die gebruik van die konings en die volk het met reguit en gebuigde trompette geblaas voor die koning en die hele volk was verheug en het op trompette geblaas met die sangers, begelei met musiekinstrumente. Toe skeur `Atalyah haar klere en roep uit: “Verraad, verraad!”

14. Toe het Y’hoyadah, die priester, die bevelvoerders oor ’n honderd, wat oor die leër aangestel is, beveel en vir hulle gesê: “Vat haar weg uit die rye uit en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word,” want die priester het gesê: “Julle mag haar nie in die huis van יהוה doodmaak nie.”

15. Toe het hulle vir haar ’n pad oopgemaak en sy het na die ingang van die Perdepoort gegaan en is daar doodgemaak.

16. Y’hoyadah het ’n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en tussen homself en die koning sodat hulle יהוה se volk sou wees.

17. Toe het die hele volk na die tempel van Ba’al gegaan en dit afgebreek en sy altare en beelde in stukke geslaan en die priester van Ba’al voor die altaar doodgemaak.

18. Y’hoyadah het ook amptenare in die huis van יהוה aangestel en die Leviete en priesters wat Dawid ingedeel het in afdelings, om in beheer te wees van die huis van יהוה om brandoffers aan יהוה te offer, soos dit geskryf is in die wet van Moshe, met blydskap en sang, soos Dawid dit ingestel het, aangestel.

19. Hy het poortwagters by die poorte van die huis van יהוה gesit sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie.

20. Hy het die bevelvoerders oor ’n honderd gevat en die goewerneurs van die volk en al die mense van die land en hulle het deur die Boonste poort van die koning se huis gegaan en hom op die koninkryk se troon laat sit.

21. Die hele volk van die land het hulle verbly en met trompette geblaas nadat hulle `Atalyah met die swaard doodgemaak het.2 Kon 12:1-14:1

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 23