Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 23:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die sewende jaar het Y’hoyadah homself versterk saam met die bevelvoerders oor ’n honderd: `Azaryah, die seun van Yerogam, Yishma’el, die seun van Y’hoganan, `Azaryah, die seun van `Oved, Ma’aseiyahu, die seun van `Adayahu en Elishafat, die seun van Zikhri.

2. Hulle het rondgegaan in Y’hudah en die Leviete bymekaargemaak uit al die stede van Y’hudah en die hoofde van die vaders van Yisra’el en hulle het na Yerushalayim gekom.

3. Die hele vergadering het in die huis van יהוה met die koning ’n verbond gesluit. Y’hoyadah het vir hulle gesê: “Let op, die seun van die koning moet oor julle heers soos יהוה met Dawid, Sy dienskneg, gepraat het.

4. Dit is wat julle moet doen: ’n derde deel van julle wat op die Shabbat in die tempel ingaan; van die priesters, die Leviete en die poortwagters; sal op wag wees.

5. ’n Derde deel sal by die huis van die koning wees en ’n derde deel by die Fondasiepoort en die hele volk sal op wag wees in die howe van die huis van יהוה.

6. Niemand mag egter in die huis van יהוה ingaan nie, behalwe die priesters en die Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is afgesonderd, maar die hele volk moet waghou oor die huis van יהוה.

7. Die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand en wie anders ook al die binneste van die huis ingaan, moet gedood word, maar julle moet by die koning wees as hy in- en as hy uitgaan.”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 23