Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 22:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het vir Agazyah gesoek en hulle het hom gevang waar hy in Shomron wegkruip en hom na Yehu gebring. Nadat hulle hom doodgemaak het, het hulle hom begrawe, want hulle het gesê: “Hy is die seun van Y’hoshafat, wat יהוה met sy hele verstand, wil en emosie gesoek het.” Die huis van Agazyah het niemand gehad met outoriteit om oor die koninkryk te heers nie.

10. Toe `Atalyah, die moeder van Agazyah, sien dat haar seun dood was, het sy opgestaan en al die seuns van die koning van die huis van Y’hudah doodgemaak.

11. Y’hosh’va, die dogter van die koning, het egter vir Yo’ash, die seun van Agazyah, gesteel vanuit die koning se seuns wat op die punt was om doodgemaak te word en hom en sy versorger in haar kamer gebring. Y’hosh’va, die dogter van koning Y’horam, die vrou van Y’hoyadah, die priester, dus was sy die suster van Agazyah, het hom vir `Atalyah weggesteek sodat sy hom nie doodgemaak het nie.

12. Hy was by haar weggesteek in die huis van God vir ses jaar terwyl `Atalyah oor die land regeer het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 22