Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 21:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Toe het Y’horam en sy prinse en al sy strydwaens oor die Yarden getrek en in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom, die prinse en die strydwaens omsingel het.

10. So het die Edomiete teen Y’hudah rebelleer tot vandag toe. Terselfdertyd het die Edomiete wat in Livnah gebly het, gerebelleer teen sy heerskappy, want Y’horam het יהוה, die God van sy vaders, verlaat.`Am 2:12

11. Hy het ook tempels op hoë plekke in die berge van Y’hudah gemaak en die Natzireërs in Yerushalayim laat wyn drink en die huis van Y’hudah verstrooi.

12. Daar is aan hom ’n brief vanaf Eliyahu, die profeet, gebring wat sê: “So sê יהוה, die God van Dawid, u vader: omdat u nie geleef het in die lewenswyses van Y’hoshafat, u vader, of in die lewenswyses van Asa, koning van Y’hudah, nie,

13. maar geleef het in die lewenswyses van die konings van Yisra’el en veroorsaak het dat Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim afgedwaal het na die hoererye van die huis van Ag’av en selfs u broers, die huis van u vader, vermoor het, wat beter was as u,

14. let op, יהוה sal u met ’n groot plaag tref, saam met u volk, u seuns, u vroue en al u besittings.

15. U self sal sterf aan ’n ernstige siekte, verteer word van binne totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom en u sal vir baie jare geteister word.

16. יהוה het ook die gees van die F’lishtyne en van die Arabiere wat naby die Kushiete is, teen Y’horam opgewek.

17. Hulle het teen Y’hudah opgetrek en dit verower en alles wat in die huis van die koning te vinde was, weggevoer, ook sy seuns en sy vroue sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe Agazyah, sy jongste seun.

18. Ná dit alles het יהוה hom in sy ingewande aangetas met ’n ongeneeslike siekte.

19. Dit het gebeur dat met verloop van tyd, ná die einde van twee jaar, die woorde van die profeet waar geword het, sy ingewande het uitgekom weens sy siekte sodat hy onder hewige pyn gesterf het. Sy volk het hom nie vereer met ’n begrafnis soos vir sy vaders nie.

20. Hy was twee en dertig jaar oud toe hy begin heers het en hy het vir agt jaar in Yerushalayim regeer en sy heengaan was nie ’n teleurstelling nie en hy is begrawe in die stad van Dawid, sy vader, maar nie in die grafte van die konings nie.2 Kon 8:25-9:29

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 21