Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 20:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Toe kom die Gees van יהוה met mag op Yagzi’el, die seun van Z’kharyahu, die seun van B’nayah, die seun van Ye’i’el, die seun van Matanyah, ’n Leviet uit die seuns van Asaf, terwyl hy voor die mense van Yisra’el gestaan het

15. en hy het gesê: “Luister, almal wat uit Y’hudah is, inwoners van Yerushalayim en koning Y’hoshafat, so sê יהוה, julle God: ‘Moenie bang of ontsteld wees vanweë hierdie groot weermag nie, want die geveg is nie julle s’n nie, maar God s’n.

16. Maak gou, gaan af teen hulle, let op, hulle kom vroeg in die oggend op en julle sal hulle aan die einde van die vallei kry, voor die wildernis. Hulle kom op om teen jou te veg.

17. In daardie uur, staan stil en sien die verlossing wat יהוה vir jou sal bring. O, Y’hudah en Yerushalayim, moenie vrees of ontsteld wees nie, gaan môre teen hulle uit en יהוה sal julle help’.”

18. Toe het Y’hoshafat neergebuig met sy gesig teen die grond en aanbid en die hele Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim het voor die Teenwoordigheid van יהוה neergeval om יהוה te aanbid.

19. Die Leviete van die nageslag van die K’hatiete en uit die nageslag van die Koragiete het opgestaan om יהוה, die God van Yisra’el, met ’n baie harde stem te lofprys.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 20