Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 2:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Stuur ook vir my seder-, sipres- en sandelhout vanuit die L’vanon, want ek weet dat u diensknegte weet hoe om die seders van L’vanon te kap en let op, my diensknegte sal saam met u diensknegte wees

9. en vir my hout in oorvloed bring, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees.

10. Ek sal skrynwerkers, wat bekwaam is in houtwerk, voorsien en kos vir u diensknegte, twintig duisend kor koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie.”

11. Hiram, koning van Tzor, het Shlomo in ’n brief geantwoord en gesê: “Omdat יהוה sy volk liefhet, het Hy u koning oor hulle gemaak.”

12. Verder het Hiram gesê: “Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid ’n wyse seun gegee het, begaafd met versigtigheid en begrip, wat besluit het om ’n huis vir יהוה en ’n huis vir sy koninkryk te bou.

13. Ek het nou vir jou ’n bekwame man met insig gestuur, Hiram,

14. die seun van ’n weduwee uit die huis van Dan en sy vader was ’n bekwame man. Hy weet hoe om te werk in goud, silwer, koper, yster, klippe, hout, purperrooi en blou stowwe, fyn linne en bloedrooi stowwe en om allerhande sleutels vir die deure te maak en om enige kunswerk te beplan wat aan hom opgedra word deur יהוה, saam met u kunstenaars en die kunstenaars van ons meester, u vader, Dawid;

15. daarom, laat my meester dan nou die koring, die gars, die olie en die wyn, wat hy aan sy dienskneg belowe het, stuur

16. en óns sal sederbome uit die L’vanon kap, net soveel as wat u begeer en ons sal dit na u toe bring as vlotte per see na Yafo; ú kan dit dan na Yerushalayim laat dra.

17. Toe het Shlomo al die proseliete bymekaargemaak wat in die land van Yisra’el was, volgens die telling van sy vader, Dawid en daar is een honderd drie en vyftig duisend ses honderd gevind.1 Kon 5:15

18. Koning Shlomo het sewentig duisend van hulle vragdraers gemaak en tagtig duisend klipkappers in die berge en drie duisend drie honderd toesighouers om die mense te laat werk.Gen 22:2

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 2