Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 12:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Wanneer die koning in die huis van יהוה ingaan, het die wag gekom en dit kom haal en dan weer teruggevat na die wagkamer.

12. Toe hy homself verneder het, het יהוה se woede van hom af weggedraai sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie en ook in Y’hudah het dit goed gegaan.

13. Koning Regav’am het homself in Yerushalayim versterk en regeer, want Regav’am was een en veertig jaar oud toe hy begin heers het en hy het sewentien jaar lank regeer in Yerushalayim, die stad wat יהוה uit al die stamme van Yisra’el verkies het om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) daar te vestig en die naam van sy moeder was Na’amah, die `Ammoniet.

14. Hy was boos voor יהוה, want hy het nie sy verstand, wil en emosie voorberei om יהוה te dien en met sy hele wese te soek nie.

15. Hierdie is die die vroeëre en die latere geskiedenis van Regav’am, wat boos gedoen het voor יהוה, God van Yisra’el en daar was gedurigdeur oorloë tussen Regav’am, die seun van Shlomo en Yarov’am, seun van N’vat.

16. Regav’am is neergelê by sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid en sy seun Aviyah het in sy plek geheers.1 Kon 15:1-8

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 12