Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Koning Regav’am het beraadslaag met die oudstes wat sy vader, Shlomo, gedurende sy lewe gedien het en hy vra: “Watter raad gee julle my om ’n antwoord aan hierdie mense te gee?”

7. Hulle het met hom gepraat en gesê: “As u hierdie mense goedgunstig sal antwoord en hulle tevrede stel en goeie woorde met hulle praat, sal hulle vir ewig u diensknegte wees.”

8. Hy het egter die raad wat die oudstes hom gegee het, verwerp en beraadslaag met die jongmanne wat saam met hom groot geword en in sy diens gestaan het.

9. Hy het vir hulle gevra: “Watter raad gee julle my dat ons hierdie mense kan antwoord wat met my gepraat en gesê het: ‘Maak die juk ligter wat u vader op ons gelê het en ons sal u dien.’?”1 Kon 12:10

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 10