Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. en met hulle gepraat volgens die raad van die jongmanne en gesê: “My vader het julle juk swaar gemaak, maar ék sal daarby bysit; my vader het julle met swepe getugtig, ék sal julle met skerpioene tugtig.”1 Kon 11:28

15. Die koning het nie na die volk geluister nie, want God het dit voorgeskryf sodat יהוה die woord van Agiyah, die Shiloniet, die profeet, aangaande Yarov’am, die seun van N’vat, waar kon maak.

16. Toe die hele Yisra’el sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: “Ons het geen deel aan Dawid of aan ’n erfenis vir die seun van Yishai nie! Gaan elkeen na sy huis toe, Yisra’el en nou, Dawid, sorg vir jou eie huis!” Yisra’el het na hulle huise teruggekeer,

17. maar oor die seuns van Yisra’el wat in die stede van Y’hudah gebly het, oor hulle het Regav’am regeer.

18. Toe stuur koning Regav’am vir Adoram, wat in beheer van belasting was, maar die seuns van Yisra’el het hom gestenig sodat hy gesterf het, maar koning Regav’am het haastig op sy strydwa geklim, om na Yerushalayim te vlug.

19. So het Yisra’el gerebelleer teen die huis van Dawid, tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 10