Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Shlomo, die seun van Dawid, is onveranderlik versterk in sy koninkryk en יהוה, sy God, was by hom en het hom uitermate opgelig bo al die konings van die aarde.

2. Toe het Shlomo met die hele Yisra’el gepraat, met die bevelvoerders oor ’n duisend en oor ’n honderd en met die regters en met al die prinse, die familiehoofde.1 Kon 3:4; 1 Kro 21:28,29

3. Shlomo en almal wat by hom was, het na ’n groot feesmaal gegaan by die dorp Giv’on, want die Tent van Bymekaarkoms van יהוה, wat Moshe, die kneg van יהוה, in die woestyn gemaak, het was daar.

4. Dawid het die ark van יהוה uit Kiryat-Ye’arim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor voorberei het, want hy het ’n tent in Yerushalayim daarvoor opgeslaan.Eks 31:2 die seun van Hur, gemaak het, was ook daar voor die tabernakel van יהוה en Shlomo en die hele vergadering van Yisra’el het daarheen gegaan.

5. Die koper altaar wat B’tzal’el, die seun van Uri,

6. Shlomo het daar op die koper altaar, wat by die Tent van Ontmoeting was, ’n duisend brandoffers gebring.

7. Daardie nag het יהוה aan Shlomo verskyn in ’n visioen en vir hom gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”

8. Shlomo het vir יהוה gesê: “U het aan my vader, Dawid, groot onverdiende guns bewys en my in sy plek laat heers.

9. O יהוה, my God, laat U belofte aan my vader, Dawid, bevestig word, want U het my koning gemaak oor hierdie volk, talryk soos die stof van die aarde.1 Kro 22:12

10. Gee nou vir my wysheid en kennis sodat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?”

11. Toe sê God aan Shlomo: “Omdat dít in jou gedagtes was en jy nie rykdom, eer en die lewe van jou vyande of ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jouself gevra het om My volk, waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer,

12. gee Ek ook aan jou die dinge wat jy nie gevra het nie. Ek sal vir jou wysheid, kennis, rykdom, skatte en eer gee soos wat die konings wat voor jou was, nie gehad het nie en niemand ná jou ook sal hê nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1