Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 8:9-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Haza’el het hom gaan ontmoet en ’n geskenk van veertig kameelvragte in sy hand gevat, allerhande goeie goed van Dammesek en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: “U seun Ben-Hadad, koning van Aram, het my na u toe gestuur om te vra: “Sal ek herstel van hierdie siekte?”

10. Elisha antwoord hom: “Gaan, sê vir hom: ‘Jy sal sekerlik herstel,’ maar יהוה het my laat sien dat hy sekerlik sal sterf.”

11. Hy het strak na hom gekyk totdat hy verleë was en die man van God het gehuil.

12. Haza’el sê: “Waarom huil my meester?” Toe antwoord hy: “Omdat ek weet watter boosheid jy die seuns van Yisra’el sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard doodmaak en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny.”1 Kon 19:15

13. Toe sê Haza’el: “Wat is u dienskneg, ’n hond, dat hy hierdie groot ding sou doen?” Elisha antwoord: “יהוה het my gewys dat jy koning oor Aram sal wees.”

14. Hy het van Elisha af weggegaan en na sy meester teruggegaan, wat vir hom vra: “Wat het Elisha vir jou gesê?” Hy antwoord: “Hy het vir my gesê dat U sekerlik sal herstel.”

15. Die volgende dag het hy die bedsprei gevat en dit in water gedoop en oor sy gesig uitgesprei sodat hy gesterf het en Haza’el het koning geword in sy plek.2 Kro 21:1-20

16. In die vyfde jaar van Y’horam, die seun van Ag’av, koning van Yisra’el, Y’hoshafat was toe koning van Y’hudah, het Y’horam, die seun van Y’hoshafat, koning van Y’hudah, koning geword.

17. Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Yerushalayim geheers.

18. Hy het geloop op die pad van die konings van Yisra’el, net soos die huis van Ag’av gedoen het, want die dogter van Ag’av het sy vrou geword en hy het gedoen wat boos was in die oë van יהוה.

19. Tog wou יהוה Y’hudah nie vernietig nie, ter wille van Dawid, Sy dienskneg, aangesien Hy hom belowe het om altyd vir hom ’n lamp deur sy seuns te gee.

20. In sy dae het die Edomiete van onder die hand van Y’hudah in opstand gekom en ’n koning oor hulleself aangestel.

21. Toe het Y’horam oorgegaan na Tza’ir en al sy strydwaens saam met hom. Hy het in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom en die bevelvoerders van die strydwaens omsingel het, maar sy manne het na hulle tente gevlug.

22. So het die Edomiete teen Y’hudah in opstand gekom tot vandag toe. Toe het Livnah in dieselfde tyd in opstand gekom.

23. Die res van die dade van Y’horam en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 8