Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 4:24-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Toe saal sy die donkie op en sê vir haar dienskneg: “Jaag aan en gaan vooruit; moenie die pas verslap, behalwe as ek jou sê nie.”

25. Sy het gegaan en by die man van God by die berg Karmel gekom. Toe die man van God haar op ’n afstand sien, sê hy vir sy dienskneg Geigazi: “Let op, daar is dié Shunamiet!

26. Hardloop nou om haar te ontmoet en sê vir haar: “Gaan dit goed met u? Gaan dit goed met u man? Gaan dit goed met die seun?” Sy antwoord: “Dit is goed.”

27. Toe sy by die man van God by die berg kom, het sy sy voete vasgegryp en Geigazi het nadergekom om haar weg te stoot, maar die man van God sê: “Laat haar staan, want haar lewe is verbitterd in haar en יהוה het dit vir my verberg en my nie vertel nie.”

28. Toe het sy gesê: “Het ek van my meester ’n seun gevra? Het ek nie gesê: ‘Moet my nie mislei nie?’”

29. Toe sê hy vir Geigazi: “Gord vas jou heupe en vat my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand teëkom, moet hom nie groet nie en as iemand jou groet, antwoord hom nie en lê my staf op die gesig van die seun.”

30. Die moeder van die seun het gesê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hy het opgestaan en haar gevolg.

31. Geigazi het voor hulle uit gegaan en die staf op die gesig van die seun gelê, maar daar was geen klank of reaksie nie. Hy het teruggekom na hom toe en vir hom gesê: “Die jongman het nie wakker geword nie.”

32. Toe Elisha in die huis inkom, let op, was die jongman dood en het op sy bed gelê!

33. Hy het ingegaan en die deur agter hulle twee toegesluit en tot יהוה gebid.

34. Hy het opgegaan en op die seun gaan lê en sy mond op sy mond gesit, sy oë op sy oë en sy hande op sy hande en homself op hom uitgestrek en die vlees van die seun het warm geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 4