Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:18-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Hierdie is maar ’n geringe ding in die oë van יהוה; Hy sal ook die Mo’aviete in julle hand gee.

19. Dan moet julle elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad slaan en elke goeie boom afkap, al die waterfonteine toestop en elke goeie stuk grond met klippe bederf.’”

20. Dit het die volgende oggend omtrent die tyd dat hulle die offer bring, gebeur dat, let op, water van die kant van Edom af kom en die land is gevul met water.

21. Al die Mo’aviete het gehoor dat die konings opgekom het om teen hulle te veg en almal wat in staat was om die wapenrusting aan te trek en ouer, is opgeroep en hulle het op die grens gestaan.

22. Hulle het vroeg die oggend opgestaan en die son het op die water geskyn en die Mo’aviete het die water oorkant hulle so rooi soos bloed gesien.

23. Toe sê hulle: “Dit is bloed; die konings het sekerlik teen mekaar baklei en die een het die ander neergeslaan. Nou, daarom, Mo’av na die buit!”

24. Toe hulle egter by die kamp van Yisra’el kom, het die Yisra’eliete opgestaan en die Mo’aviete verslaan sodat hulle voor hul gevlug het en hulle het vorentoe gegaan, in die land in en die Mo’aviete neergeslaan.

25. So het hulle die stede vernietig en elkeen het op elke goeie stuk grond ’n klip gegooi en dit vol gemaak. So het hulle elke waterfontein toegestop en elke goeie boom afgekap totdat hulle in Kir-Hareset die mure gelos het; die slingeraars het egter om dit gegaan en dit getref.

26. Toe die koning van Mo’av sien dat die geveg vir hom te swaar is, het hy sewe honderd man wat die swaard uittrek, saam met hom gevat om na die koning van Edom deur te breek, maar hulle kon nie.

27. Toe vat hy sy eersgebore seun, wat in sy plek moes heers en offer hom as brandoffer op die muur. Daar het ’n groot toorn teen Yisra’el gekom en hulle het van hom af weggetrek en na hulle land teruggekeer.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3