Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 21:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in die twee voorhowe van die huis van יהוה.Deut 18:10; 2 Kro 33:6

6. Hy het sy seun deur die vuur laat gaan, heksery, waarsêery en voortekens gepraktiseer en mediums en spiritiste gebruik. Hy het baie boosheid gedoen in die oë van יהוה om Hom te tart.Deut 16:21; Yeg 43:8,9

7. Toe het hy ’n gesnede beeld van Asherah, wat hy gemaak het, in die huis gesit waarvan יהוה vir Dawid en sy seun Shlomo gesê het: “In hierdie huis en in Yerushalayim, wat Ek verkies het uit al die stamme van Yisra’el, sal Ek vir ewig My Karakter en Outoriteit (Naam) plaas.

8. Ek sal die voet van Yisra’el nie meer laat rondswerf uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sal oplet om alles te doen, volgens wat Ek hulle beveel het en volgens die hele wet wat My dienskneg Moshe hulle beveel het.”

9. Hulle het egter nie geluister nie en M’nasheh het hulle verlei om meer boosheid te doen as die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el vernietig het.

10. Nou het יהוה deur Sy diensknegte, die profete, gepraat en gesê:

11. “Omdat M’nasheh, koning van Y’hudah, hierdie gruwels gedoen het, boser as wat al die Emoriete gedoen het wat voor hom was en ook vir Y’hudah laat sondig het deur sy afgode;

12. daarom, so sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Let op, Ek bring sulke katastrofes oor Yerushalayim en Y’hudah, wat, as enige iemand daarvan hoor, beide sy ore sal tuit.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 21