Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 21:18-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. M’nasheh is neergelê by sy vaders en is begrawe in die tuin van sy eie huis, in die tuin van die skatkamer. Amon, sy seun, het in sy plek koning geword.

19. Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir twee jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Meshullemet, die dogter van Harutz, van Yotvah.

20. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, soos M’nasheh, sy vader, gedoen het.2 Kro 33:2-7, 22

21. Hy het geheel en al in die pad wat sy vader geloop het, geloop en die afgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.

22. So het hy יהוה, die God van sy vaders, verlaat en nie in die pad van יהוה geloop nie.

23. Die diensknegte van Amon het teen hom saamgesweer en die koning in sy huis doodgemaak.

24. Toe het die mense van die land almal wat saamgesweer het teen koning Amon doodgemaak en die mense van die land het vir Yoshiyahu, sy seun, in sy plek koning gemaak.

25. Die res van die dade van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

26. Hy is begrawe in sy graf, in die tuin van die skatkamer. Yoshiyahu, sy seun, het in sy plek koning geword.2 Kro 34:1-35:27

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 21