Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 20:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Yesha’yahu, die profeet, het uitgeroep na יהוה en Hy het die skaduwee op die trappe tien grade teruggebring waarlangs dit afgegaan het op die trappe van Agaz se sonnewyser.

12. In daardie tyd het B’rodakh-Bal’adan, ’n seun van Bal’adan, koning van Bavel, briewe en ’n geskenk vir Hizkiyahu gestuur, want hy het gehoor dat Hizkiyahu siek was.

13. Hizkiyahu het na hulle geluister en vir hulle sy hele skathuis gewys, die silwer, die goud, die speserye, die kosbare olie, sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was. Daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hizkiyahu nie vir hulle gewys het nie.

14. Toe kom die profeet Yesha’yahu na koning Hizkiyahu en sê vir hom: “Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u toe gekom?” Hizkiyahu antwoord: “Hulle het van ’n ver land af gekom, vanaf Bavel.”

15. Hy het gesê: “Wat het hulle in u huis gesien?” Hizkiyahu antwoord: “Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek nie vir hulle gewys het nie.”

16. Yesha’yahu sê vir Hizkiyahu: “Hoor en luister na die woord van יהוה!

17. ‘Let op, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Bavel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie,’ sê יהוה.Dan 1:3,4

18. ‘Sommige van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal weggevat word en hulle sal amptenare word in die paleis van die koning van Bavel.’”

19. Toe sê Hizkiyahu vir Yesha’yahu: “Die woord van יהוה wat u gesê het, is goed, as daar maar vrede en waarheid in my dae sal wees!”

20. Die res van die dade van Hizkiyahu en al sy mag en hoe hy die dam en die watervoor gemaak en die water in die stad ingebring het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?Yes 36:1-39:8

21. Hizkiyahu is neergelê by sy vaders en M’nasheh, sy seun, het in sy plek koning geword.2 Kro 33:1-20

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 20