Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 2:16-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hulle het vir hom gesê: “Let op, daar is by u diensknegte vyftig sterk manne; laat hulle asseblief u meester gaan soek; miskien het die Gees van יהוה hom opgevat en hom op een of ander berg of in ’n sekere vallei gesit.” Hy het gesê: “Julle sal nie stuur nie!”

17. Toe hulle egter aanhou tot hy verleë was, sê hy: “Stuur.” Hulle het daarom vyftig man gestuur en hulle het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.

18. Hulle het na hom toe teruggekom terwyl hy nog in Yerigo bly en hy vra vir hulle: “Het ek nie vir julle gesê nie: ‘Moenie gaan nie?’”

19. Toe het die manne van die stad vir Elisha gesê: “Let op, die ligging van die stad is gunstig, soos my meester sien, maar die water is sleg en die grond onvrugbaar.”

20. Hy het gesê: “Bring vir my ’n nuwe houer en gooi sout daarin.” Hulle het dit na hom toe gebring.

21. Hy gaan uit na die fontein van die water, gooi sout daarin en sê: “So sê יהוה: “Ek het dié water gereinig; daar sal nie langer dood of onvrugbaarheid van kom nie.”

22. Die water is gereinig tot vandag toe volgens die woord van Elisha wat hy gepraat het.

23. Toe het hy daarvandaan opgegaan na Beit-El en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar jong seuns uit die stad uit en spot hom en sê: “Gaan op, jou kaalkop! Gaan op, jou kaalkop!”

24. Toe hy agter hom kyk en hulle sien, vervloek hy hulle in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה. Toe kom twee wyfie bere uit die woud uit en verskeur twee en veertig van die seuns.

25. Hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en van daar af na Shomron teruggegaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 2