Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:18-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. en hulle gode in die vuur gegooi, want dit was geen gode nie, maar werk van mense hande, hout en klip; hulle het hul vernietig.

19. Nou bid ek, יהוה, ons God, bevry ons uit sy hand sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, יהוה, alleen God is.”

20. Toe laat Yesha’yahu, die seun van Amotz, Hizkiyahu weet en sê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Omdat jy tot My gebid het aangaande Sangeriv, koning van Ashur, het Ek jou gehoor.’

21. Dit is die woord wat יהוה teen hom gepraat het: ‘Sy het jou verag en bespot, die maagdelike dogter van Tziyon; sy het haar kop agter jou geskud, die dogter van Yerushalayim.

22. Van wie het jy kwaad gepraat en onteer? Teen wie het jy jou stem verhef en jou oë hoogmoedig opgelig? Teen die Afgesonderde Een van Yisra’el!

23. Deur jou boodskappers het jy יהוה onteer en jy het gesê: ‘Met die menigte van my strydwaens het ék na die hoogtes van die berge opgekom, na die uithoeke van die L’vanon en ek het sy hoë seders, sy keur van sipresse, omgekap en deurgedring tot in sy diepste skuilhoeke, sy digste woude.

24. Ék het gegrawe en vreemde waters gedrink en met my voetsole droog ek al die rivierstrome van Mitzrayim op.’

25. Het jy dit nie gehoor nie? Lank gelede het Ek dit gedoen; van antieke tye af het Ek dit beplan. Nou het Ek dit laat gebeur sodat jy van versterkte stede puinhope sal maak;

26. daarom was hulle inwoners kort van krag, hulle was moedeloos en beskaamd; hulle was soos plante van die veld en soos die groen kruie, soos gras op die dakke verbrand word voordat dit opgegroei het,

27. maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas.

28. As gevolg van jou geraas teen My en omdat jou trotsheid opgekom het in My ore; daarom sal Ek My haak in jou neus sit en My toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.

29. Dan sal hierdie vir jou die teken wees: julle sal hierdie jaar eet wat vanself groei, in die tweede jaar wat van dieselfde af uitspruit en in die derde jaar, saai, oes, plant wingerde en eet hulle vrugte.

30. Die oorlewendes wat oorgebly het van die huis van Y’hudah sal weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe,

31. want vanuit Yerushalayim sal ’n oorblyfsel uitgaan en oorlewendes vanuit die berg Tziyon. Die ywer van יהוה sal dit doen.

32. יהוה sê daarom so aangaande die koning van Ashur: ‘Hy sal nie by hierdie stad kom of ’n pyl daar skiet nie en hy sal nie met ’n skild voor dit kom of ’n wal teen dit opgooi nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19