Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Toe het Yo’ash vir die priesters gesê: “Al die geld wat as toegewyde gawes in die huis van יהוה gebring word, die geld van elke man se waardebepaling en al die geld wat iemand se hart hom oortuig om in die huis van יהוה te bring,

5. mag die priesters vir hulleself vat, elkeen vanaf húlle wat besluit het om te gee en laat dit gebruik word vir die herstel van die huis, waar ook al ’n beskadigde plek gevind word.

6. Dit het egter gebeur dat in die drie en twintigste jaar van koning Yo’ash, die priesters nie die beskadigde plekke van die huis herstel het nie.

7. Toe het koning Yo’ash vir Y’hoyada, die priester en die ander priesters geroep en vir hulle gesê: “Waarom het julle nie die beskadigde plekke van die huis herstel nie? Nou daarom, julle moet geen geld ontvang vanaf wie dit gee nie, maar dit oorgee vir die herstel van die beskadigde plekke van die huis.”

8. Die priesters het ingewillig om geen geld meer van die volk te ontvang nie en om ook nie die beskadigde plekke van die huis te herstel nie.2 Kro 24:8-11

9. Y’hoyada, die priester, het egter ’n kis gevat en ’n gat in sy deksel geboor en dit langs die altaar neergesit, aan die regterkant soos ’n mens in die huis van יהוה inkom en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van יהוה ingebring is, daarin gegooi.

10. Toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning en die hoofpriester opgekom en dit in sakke gebind en die geld getel wat in die huis van יהוה gevind is.

11. Hulle het die afgeweegde geld oorhandig aan dié wat die werk gedoen het, wat toesig oor die huis van יהוה gehad het en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van יהוה gewerk het

12. en aan die messelaars en die klipkappers en om hout en gekapte klippe mee te koop om die beskadigde plekke van die huis van יהוה te herstel en vir alles wat uitgegee moes word om die huis te herstel.

13. Daar is egter nie silwer bekers, snuiters, komme, trompette, enige goue houers of silwer houers in die huis van יהוה gemaak van die geld wat in die huis van יהוה gebring is nie,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12