Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Toe het Haza’el, koning van Aram, opgegaan en teen Gat geveg en dit ingeneem en Haza’el het sy gesig gerig om op te gaan na Yerushalayim.

18. Yo’ash, koning van Y’hudah, het al die afgesonderde voorwerpe wat Y’hoshafat, Y’horam en Agazyah, sy vaders, konings van Y’hudah, afgesonder het, saam met sy eie afgesonderde voorwerpe en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die huis van יהוה en van die koning se huis gevat en dit aan Haza’el, koning van Aram gestuur. Toe het hy van Yerushalayim af weggegaan.

19. Die res van die dade van Yo’ash en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

20. Sy diensknegte het opgestaan en ’n sameswering gesmee en Yo’ash doodgeslaan in Beit-Millo, op pad na Silla.

21. Yozakhar, die seun van Shim’at en Y’hozavat, die seun van Shomer, sy diensknegte, het hom doodgeslaan en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid en Amatzyah, sy seun, het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12