Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 1:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Eliyahu antwoord die bevelvoerder oor vyftig: “As ek ’n man van God is, laat daar vuur van die hemel af afkom en jou en jou vyftig verteer!” Toe kom daar vuur van die hemel af en verteer hom en sy vyftig.

11. Hy het weer ’n ander bevelvoerder oor vyftig, met sy vyftig, na hom toe gestuur en hy sê vir hom: “Man van God, so sê die koning: ‘Kom gou af!’”

12. Eliyahu het hulle geantwoord: “As ek ’n man van God is, laat daar vuur van die hemel af afkom en jou en jou vyftig verteer!” Toe het die vuur van God uit die hemel afgekom en hom met sy vyftig verteer.

13. Hy het weer ’n bevelvoerder oor ’n derde vyftig, met sy vyftig, na hom gestuur. Toe die derde owerste oor vyftig opgegaan het, kom hy en buig op sy knieë voor Eliyahu en smeek hom en sê vir hom: “Man van God, laat my lewe en die lewe van hierdie vyftig diensknegte van u asseblief kosbaar wees in u oë!

14. Let op, vuur het van die hemel af afgekom en die eerste twee bevelvoerders oor vyftig, met hulle vyftig, verteer, maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!”

15. Die boodskapperengel van יהוה sê vir Eliyahu: “Gaan saam met hom af, moenie bang wees vir hom nie.” Hy het daarom opgestaan en saam met hom afgegaan na die koning toe.

16. Toe het hy vir hom gesê: “So sê יהוה: ‘Omdat jy boodskappers gestuur het om navraag te doen by Ba’al-Z’vuv, die god van `Ekron; (is dit omdat daar geen God in Yisra’el is om navraag te doen na Sy woord nie?) daarom sal jy nie afkom van die bed waarop jy geklim het nie, maar jy sal sekerlik sterf.”

17. Agazyah het gesterf volgens die woord van יהוה, dit wat Eliyahu gesê het en omdat hy geen seun gehad het nie, het Y’horam in sy plek koning geword in die tweede jaar van Y’horam, die seun van Y’hoshafat, koning van Y’hudah.

18. Die res van die dade van Agazyah, wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 1