Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 9:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe het Sha’ul nadergekom na Sh’mu’el in die poort en gevra: “Wys my asseblief waar die huis van die siener is?”

19. Sh’mu’el het Sha’ul geantwoord en gesê: “Ek is die siener! Gaan op voor my uit na die hoë plek, want julle sal vandag saam met my eet en ek sal jou in die oggend vroeg laat gaan en alles wat in jou gedagtes is, sal ek vir jou vertel.

20. Wat die donkies betref wat drie dae gelede weg is, moenie aan hulle dink nie, want hulle is gevind en vir wie is alles wat begeerlik is in Yisra’el? Is dit nie vir jou en jou vader se hele huishouding nie?”

21. Sha’ul antwoord: “Is ek nie ’n Binyaminiet, uit die kleinste van die stamme van Yisra’el en my familie die geringste uit al die families van die stam van Binyamin nie? Waarom praat u dan so met my?”

22. Toe vat Sh’mu’el vir Sha’ul en sy dienskneg en vat hulle in die saal in en gee vir hulle ’n plek aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.

23. Sh’mu’el het vir die kok gesê: “Gee die gedeelte wat ek vir jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: ‘Sit dit eenkant’.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 9