Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 8:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hy sal ’n tiende van julle saailande en julle wingerde vat en dit vir sy offisiere en sy diensknegte gee.

16. Hy sal julle slawe en slavinne, julle beste jongmanne en julle donkies vat en vir sy werk gebruik.

17. Hy sal ’n tiende van julle kleinvee vat en julleself sal sy slawe wees.

18. Dan sal julle in dié dag uitroep as gevolg van jul koning wat julle vir julleself gekies het, maar יהוה sal julle nie in dié dag verhoor nie.”

19. Nogtans het die volk geweier om na die stem van Sh’mu’el te luister en hulle het gesê: “Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees

20. dat ons ook kan wees soos al die nasies; dat ons koning ons kan rig en voor ons uittrek en ons gevegte veg.”

21. Nadat Sh’mu’el al die woorde van die mense aangehoor het, het hy hulle herhaal ten aanhore van יהוה.

22. יהוה het vir Sh’mu’el gesê: “Luister na hulle stem en stel ’n koning oor hulle aan.” Sh’mu’el het vir die manne van Yisra’el gesê: ‘Gaan, elkeen na sy stad.’”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 8