Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 5:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van יהוה teen die stad met ’n baie groot verwarring en Hy het die mense van die stad getref, beide jonk en oud sodat gewasse op hulle uitgebreek het.

10. Hulle stuur toe die ark van God na `Ekron en toe die ark van God in `Ekron aankom, het die `Ekroniete uitgeroep en gesê: “Hulle het die ark van die God van Yisra’el na ons toe oorgebring om ons en ons mense dood te maak.”

11. Hulle het daarom gestuur en al die meesters van die F’lishtyne het vergader en gesê: “Stuur die ark van die God van Yisra’el weg en laat dit na sy eie plek toe teruggaan sodat dit nie ons en ons mense sal doodmaak nie,” want daar was ’n dodelike verwarring regdeur die hele stad; die hand van God was baie swaar daar

12. en die mense wat nie gesterf het nie, is met gewasse getref en die geskreeu van die stad het na die hemel opgegaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 5