Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 31:9-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hulle het sy kop afgekap en sy wapens afgestroop en dit in die land van die F’lishtyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die huise van hulle afgode en aan die volk.

10. Hulle het sy wapens in die tempel van `Ashtarot gesit en sy lyk teen die muur van Beit-Yashan vasgeslaan.

11. Toe die inwoners van Yavesh-Gil’ad hoor wat die F’lishtyne aan Sha’ul gedoen het,

12. het al die dapper manne opgestaan en die hele nag deur geloop en die liggame van Sha’ul en die liggame van sy seuns van die muur van Beit-Shan afgehaal en by Yavesh gekom en hulle daar verbrand.

13. Hulle het hul bene gevat en hulle onder die eikeboom in Yavesh begrawe en sewe dae lank gevas.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 31