Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 30:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Dawid het al die kleinvee en beeste afgevat. Hulle het hul voor die ander vee uitgedryf en gesê: “Dit is Dawid se buit.”

21. Toe Dawid by die twee honderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan, wat hulle by die spruit B’sor laat agterbly het, kom hulle uit om vir Dawid en die manne wat by hom was, te ontmoet. Dawid het met die manne nadergekom en hulle gegroet.

22. Toe het al die slegte mense en deugniete uit die manne wat saam met Dawid gegaan het, gesê: “Omdat hulle nie saam met ons gegaan het nie, sal ons nie vir hulle enige van die buit gee wat ons afgeneem het nie, behalwe vir elke man sy vrou en sy kinders sodat hy hulle kan wegvat.”

23. Toe sê Dawid: “Julle moenie so maak met wat יהוה vir ons gegee het nie, my broers, Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.Num 31:27

24. Wie sal in hierdie saak na julle luister? Want soos die gedeelte is van dié wat in die geveg aftrek, so is ook die gedeelte van die wat by die pakgoed bly; hulle sal gelykop deel.”

25. So is dit dan van dié dag af aan gewees. Hy het dit as ’n instelling en ’n verordening vir Yisra’el gemaak tot vandag toe.

26. Toe Dawid in Ziklag kom, het hy buit aan die oudstes van Y’hudah, sy vriende, gestuur en gesê: “Let op, ’n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van יהוה:

27. aan dié wat in Beit-El is; aan dié wat in Ramot van die Suidland is; aan dié wat in Yattir is;

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 30