Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 3:9-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. en `Eli het vir Sh’mu’el gesê: “Gaan lê en as Hy jou roep, moet jy antwoord: ‘Praat, יהוה, want U dienskneg luister.’” Sh’mu’el het geloop en op sy plek gaan lê.

10. Toe het יהוה gekom en gaan staan en geroep soos die ander kere: “Sh’mu’el, Sh’mu’el!” Sh’mu’el het gesê: “Praat, want U dienskneg luister.”

11. יהוה het vir Sh’mu’el gesê: “Let op, Ek is op die punt om ’n ding in Yisra’el te doen waarvan albei die ore van elkeen wat dit hoor sal tuit.

12. Op daardie dag sal Ek teen `Eli uitvoer alles wat Ek aangaande sy huis gesê het, van begin tot end,

13. want Ek het hom vertel dat Ek op die punt is om sy huis vir ewig te oordeel vir die onregverdigheid waarvan hy geweet het, want sy seuns het ’n vloek oor hulleself gebring en hy het hulle nie bestraf nie.

14. Ek het daarom teen die huis van `Eli gesweer dat die onregverdigheid van die huis van `Eli tot in ewigheid nie deur offers of gekenke toegedek sal word nie.”

15. Sh’mu’el het gelê tot die oggend. Toe het hy die deure van die huis van יהוה oopgemaak, maar Sh’mu’el was bang om die visioen aan `Eli te vertel.

16. Toe het `Eli vir Sh’mu’el geroep en gesê: “Sh’mu’el, my seun!” Hy antwoord: “Hier is ek.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 3